NETHANIA KLEUTERSKOOL / NURSERY SCHOOL
0741409248
0741409248
Directions
Visit Website
WhatsApp
Plot 439 of the Farm Zwavelpoort, Pretoria East



In 'n tyd waar meeste van ons in komplekse woon, het spasie 'n baie waardevolle kommoditeit geword. Kinders kry selde die geleentheid om buite te speel en selfs, in sommige gevalle, om die gras onder hul kaal voete te voel, dus bring ons ons kant deur so bietjie platteland na die stad te bring.
Nethania Baba tot Voorskool Akademie in Pretoria-Oos is gele?? reg langs 'n reservaat, waar ons diere-bure woon. Daar woon onder andere koedoes, blesbokke, rooibokke, gebande muishonde, 'n rooikat, nonnetjies-uile en 'n vis-arend.
Ons besoek hulle gereeld, tot die kleuters se vermaak.
Ons het 'n groot speelgrond wat op 'n oop-plan basis ontwerp is. Die area is 1180m?? groot en sluit 450m?? se sandputte in. Dit maak konstante toesig moontlik. Behalwe vir die fietse en fietsbane vir ons kleuters, is hier op ons werf ook hasies, poue en duikertjies.
Op koue of re??nerige dae het ons 'n binnenshuise oop-plan speel-area van 200m??, sonder versperrings / mure, waar ons kleuters steeds gedurig onder toesig is.
Skoolgeboue het baie veiligheids glas wat natuurlike lig en lug inlaat. Verskillende klasse op die grondvloer kan saam smelt om een groot vertrek te vorm van ongeveer 160m??, met verhitting, indien die weer hul verhoed om vir meer as een dag buite te speel.
Ons babakamer is noordelik gebou om heerlike winter-son binne te laat.
Aangesien ons slegs 10km vanaf die hoek van Hans Strijdom en Lynnwood weg is, is ons maklik genoeg bereikbaar deur kleuters van die volgende areas: Pretoria-Oos, Silver Lakes, Die Wilgers, Wapadrand, Olympus, Equestria, Lynnwood, Shere, Zwavelpoort, Teijgervallei, Mooikloof, Boschkop, Silverstreams, Rayton en Cullinan.